Australiese Hoofstadgebied

Australian Capital Territory
Australiese Hoofstadgebied
Vlag Landswapen
(Vlag van Australiese Hoofstadgebied) (Landswapen van Australiese Hoofstadgebied)
Bynaam : The Nation's Capital
Leuse : For the Queen, the Law and the People
Ander deelstate en gebiede van Australië
Land Australië
Hoofstad Canberra
35°18′29″S 149°7′28″O / 35.30806°S 149.12444°O / -35.30806; 149.12444
Grootste stad Canberra
Goewerneur
Premier Andrew Barr (ALP)
Oppervlakte 2 358 km²
 - Land 2 280 vk km
 - Water 77,6 vk km (3,29%)
Bevolking (2014)
 - Totaal 385 600 inw.
 - Digtheid 160 inw./vk km
Poskode ACT
Tydsone UTC +10 (AOST)
UTC+11 (AODT)
Webwerf www.act.gov.au

Die Australiese Hoofstadgebied (Engels: Australian Capital Territory; afgekort: ACT) is 'n klein, selfbesturende gebied in Australië wat die hoofstad Canberra en die gebied direk daarom insluit.[1] Dit is in die suidelike deel van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, tussen Sydney en Melbourne geleë.

Die ACT administreer ook 'n afsonderlike enklawe, die Jervisbaaigebied, aan die suidkus van Nieu-Suid-Wallis. Die Australiese grondwet (geskryf voor die ACT se grondvesting) bepaal dat die ligging van die nasionale hoofstad geheel binne Nieu-Suid-Wallis moet wees.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search